Episodes
Monday Nov 11, 2024
Monday Nov 11, 2024
Die Pad na die Recces Wanneer jy die naam "Recce" hoor, dink jy dadelik aan Suid-Afrika se elite-soldate. Maar min mense weet werklik wat dit gevat het om een te word. Sersant-Majoor SW Forie en Sersant-Majoor James lig vandag die sluier.
Die keuringsproses was berug - slegs 4 tot 6 uit elke 100 man het dit gemaak. Aanvanklik was dit 'n drie-week marteling waar kandidate 800 kilometer moes stap of hardloop - omtrent 42 kilometer per dag. Later het dit verander na 'n korter, maar dalk nog meer uitmergelende toets van vier-en-'n-half dae.
"Die sielkundige aspek was die belangrikste," vertel Forie. "Kandidate het 'n 24-uur rantsoen-pak gedra, maar as jy daaraan geraak het, was jy dadelik gediskwalifiseer. Net water was toegelaat. Geen slaap nie. Dit was 'n toets van wilskrag, nie spiere nie."
Die "Meellopers" - senior operateurs en sielkundiges - het elke kandidaat fyn dopgehou. Hulle het 14 verskillende eienskappe gesoek: spanwerk, leierskap, deursettingsvermoë, en die regte soort aggressie. Interessant genoeg was dit dikwels die kleiner, maer manne wat die beste gevaar het.
'n Ander Soort Leierskap Die Recces se benadering tot leierskap was revolusionêr vir daardie tyd. "Ons het nie geglo in die gewone weermag se rigiede hiërargie nie," verduidelik James. "By ons kon enige lid van die span 'n leier wees - offisier of nie."
Voor operasies het spanne vir maande geoefen. Elke man het presies geweet wat sy rol was. As dinge skeef loop, het die spanleier almal se insette gevra. "Dit was 'n broederskap van vertroue," sê Forie. "Jou span was jou familie."
Operasie Amazon: Die Nag wat Lobito Geskud Het Een van die mees dramatiese stories wat hulle deel, is van Operasie Amazon - 'n aanval op Lobito se hawekompleks in Angola. Die beplanning was perfek, die uitvoering foutloos.
Die span het maande in Durban geoefen - strand-landings, stedelike oorlogvoering, spesiale wapenhantering. Hulle is met C-130 vliegtuie na die teiken gebied, toe oorgeskakel na Israeli Strike Crafts. Om radar te flous, het hulle stadig beweeg, die skepe ver uitmekaar om soos vissersbote te lyk.
In die donker nag het hulle met Zodiac-bote die hawe binnegesluip. Drie-en-twintig massiewe brandstoftenks, 'n sementfabriek, en LPG-fasiliteite was die teikens. Wagte is stilgemaak. Motors en motorfietse het verbygery, 'n partytjie was aan die gang op 'n nabye woonstelblok se balkon. Maar niemand het die Recces gewaar nie.
Toe die span veilig weg was, het die myne ontplof. Die naghemel het opgelig soos daglig. 'n Russiese skip in die hawe het gesink. Die brandstofvoorraad na Suid-Angola was lamgelê.
Die Menslike Kant Maar selfs die gehardste soldate het 'n sagte kant. James vertel van sy besluit om te bedank - die lang tye weg van sy familie het swaar geword. Kommandant Andre Besbuier het sy bedankingsbrief voor hom opgeskeur en die volgende dag 'n alternatief aangebied: 'n pos by Doppies-basis waar hy nader aan sy gesin kon wees.
"Dit wys jou die Recces was meer as net 'n eenheid," sê James. "Ons het omgegee vir mekaar. Ons het verstaan dat elke operateur 'n mens was met 'n familie, met 'n hart."
Nalatenskap Die Recces se verhaal is een van buitengewone dapperheid, slim beplanning, en onbreekbare broederskap. Hulle het bewys dat ware krag nie net in spiere lê nie, maar in die verstand en die gees. En miskien belangriker - hulle het gewys dat selfs die gehardste vegters ook mans met harte kan wees.
Sunday Oct 06, 2024
Sunday Oct 06, 2024
Die Universiteit van die Vrystaat (UV) se Sakeskool en die Klein Besigheid Instituut (SBI) het onlangs 'n reeks innoverende rondetafelgesprekke in Bothaville aangebied. Hierdie gesprekke, wat plaasgevind het in CNH Industrial se opleidingsfasiliteite in Bothaville, is gelei deur Jacques Basson van Klipkouers en het 'n platform geskep vir bedryfleiers om kritiese kwessies in die landbouspektrum te bespreek.
'n Hoogtepunt van die geleentheid was Prof. Nicolene Barkhuizen, Direkteur van die UV Sakeskool, se bekendstelling van nuwe landbou-opleidingskursusse. Haar aanbieding het veral klem gelê op die innoverende Plaasbestuurdersprogram, wat beloof om 'n nuwe era in landbou-opleiding in te lui.
Sleutelonderwerpe wat bespreek is:
- Innoverende kostebesparende strategieë met Penta Motor Group
- Praktiese toepassings van die Internet van Dinge (IoT) in landbou met Ctrack & ClearFuel Technologies
- BEE as 'n besigheidstrategie, met ontleding van algemene mites met Empowerlogic
- Volhoubare sonkrag-oplossings vir die landbousektor met Solareff
- Welvaartskeppingstrategieë vir landbou-entrepreneurs, met 'n fokus op algemene slaggate om te vermy met PSG Wealth Pretoria-Oos
Saturday Oct 05, 2024
Saturday Oct 05, 2024
Die Universiteit van die Vrystaat (UV) se Sakeskool en die Klein Besigheid Instituut (SBI) het onlangs 'n reeks innoverende rondetafelgesprekke in Bothaville aangebied. Hierdie gesprekke, wat plaasgevind het in CNH Industrial se opleidingsfasiliteite in Bothaville, is gelei deur Jacques Basson van Klipkouers en het 'n platform geskep vir bedryfleiers om kritiese kwessies in die landbouspektrum te bespreek. 'n Hoogtepunt van die geleentheid was Prof. Nicolene Barkhuizen, Direkteur van die UV Sakeskool, se bekendstelling van nuwe landbou-opleidingskursusse. Haar aanbieding het veral klem gelê op die innoverende Plaasbestuurdersprogram, wat beloof om 'n nuwe era in landbou-opleiding in te lui. Sleutelonderwerpe wat bespreek is: - Innoverende kostebesparende strategieë met Penta Motor Group - Praktiese toepassings van die Internet van Dinge (IoT) in landbou met Ctrack & ClearFuel Technologies - BEE as 'n besigheidstrategie, met ontleding van algemene mites met Empowerlogic - Volhoubare sonkrag-oplossings vir die landbousektor met Solareff - Welvaartskeppingstrategieë vir landbou-entrepreneurs, met 'n fokus op algemene slaggate om te vermy met PSG Wealth Pretoria-Oos

Friday Oct 04, 2024

Friday Sep 06, 2024
Friday Sep 06, 2024
Die Afrikaanse film bedryf 20 jaar terug was nie die reus wat ons vandag ken nie. Die bedryf het ’n laagtepunt bereik na die suksesse van die 1970’s en 80’s, en baie was van die opinie dat daar net nie meer ’n mark vir Afrikaanse films was nie.
Maar in die 2010’s het die bedryf floreer, met titels soos Liefling en Semisoet wat groot sukses by die loket behaal het. Dit is toe dat Cobus van den Berg, op daardie stadium nog in die toerisme sektor, besluit het om sy passie vir films te volg en saam met sy hedendaagse vennoot, Tim Theron, hul eerste film te maak: Klein Karoo.
Ons gesels met Cobus oor die hoe hy van die korporatiewe wêreld na die film bedryf gespring het, die ongewone manier hoe hy kennis opgedoen het oor die bedryf, en die rolprente wat hy tot dusver vervaardig het.
Tuesday Aug 27, 2024
Tuesday Aug 27, 2024
Entrepreneurskap verg baie verskillende eienskappe, maar bowenal verg dit die vermoë om ’n geleentheid raak te sien, ongeag waar die geleentheid is.
Ronel Bezuidenhout het so ’n geleentheid raakgesien in die gasvryheidsektor en dit met albei hande aangegryp. In 2001 het sy Capital Hotel Skool se deure oopgemaak, ’n tersiêre instansie wat gasvryheidsbestuur kursusse aanbied.
EK gesels met Ronel oor hoe sy die skool begin het, watter kursusse hulle vandag aanbied, die belangrikheid van ondervinding terwyl mens studeer, en hoe om suksesvol te wees in die gasvryheidsektor.
Tuesday Apr 16, 2024
Tuesday Apr 16, 2024
Giniel de Villiers is 'n legende in die motorsportwêreld en ‘n trots Suid-Afrikaanse produk.
Tussen 1997 en 2000, wen hy die Suid-Afrikaanse Touring Car kampioenskap vier keer. In 2003 maak hy 'n indrukwekkende Dakar debuut met Nissan, deur in die vyfde plek te eindig. Saam met Volkswagen, behaal hy 'n tweede plek in 2006 en 'n oorwinning in 2009.
Met 'n loopbaan wat meer as twee dekades strek, is De Villiers 'n meester van konsekwentheid, met tallose Top 10 posisies en 15 podiumverskynings. As 'n hoeksteen van die Toyota Gazoo-span, spandeer hy baie van sy tyd om die Hilux te onwikkel in veral die Namibiese- en Kalahariwoestyn.
Monday Apr 08, 2024
Monday Apr 08, 2024
André Koegelenberg en Johan Pool se lewens is op hul koppe gedraai toe ‘n gasontploffing in 2019 hulle elektriese winkel vernietig het. Na jare se harde werk om hul reputasie op te bou en ‘n kliëntebasis te vestig was daar net een ding om te doen: om oor te begin.
Die konsessiehouers van die ACDC Express in Worcester gesels oor hoe hulle in die bedryf beland het, die uitdagings wat hulle moes oorkom en die lesse wat hulle geleer het, asook hoe hulle slegs 10 dae na die ontploffing weer operasioneel was. Hulle deel ook besigheidswenke en wyshede vir jong entrepreneurs wat hulle danksy hulle 8 jaar in die bedryf geleer het.
Klipkouers is ‘n Besigheids Podcast waar Jacques Basson gereeld gesels met Afrikaanse entrepreneurs en impakmakers ten einde praktiese besigheids-en lewensadvies te ontgin. Besoek ons webwerf: www.klipkouers.com
Klipkouers is a Private Chamber of Commerce and Business Podcast. Jacques Basson regularly engages with Afrikaanse entrepreneurs and influencers to explore practical business and life advice.