Episodes

Friday Oct 21, 2022
Friday Oct 21, 2022
Klipkouers SON is ons revolusionêre Sake Ondersteuningsnetwerk-potgooi radio, wat Vrydag om 06h00 regstreeks uitsaai. Ons deel die jongste inligting rakende die nuutste ontwikkelings in die industrie.
Ons lig ook wetlike vereistes en tegnologiese vooruitgang in verskeie sektore uit.
Luister elke Vrydag na ons nuwe regstreekse besigheid internet potgooi radioprogram, vanaf 06h00 tot 8h00, hier: https://iono.fm/s/225
Luister die potgooi op:
Spotify:
https://open.spotify.com/show/07iItWHUYn23EtMWDYwplr?si=b08f960394b84fa6
Apple Podcasts:
https://podcasts.apple.com/za/podcast/klipkouers/id1076156065
Besoek ons webwerf: www.klipkouers.com Webwerf

Friday Oct 21, 2022
Friday Oct 21, 2022
Klipkouers SON is ons revolusionêre Sake Ondersteuningsnetwerk-potgooi radio, wat Vrydag om 06h00 regstreeks uitsaai. Ons deel die jongste inligting rakende die nuutste ontwikkelings in die industrie.
Ons lig ook wetlike vereistes en tegnologiese vooruitgang in verskeie sektore uit.
Luister elke Vrydag na ons nuwe regstreekse besigheid internet potgooi radioprogram, vanaf 06h00 tot 8h00, hier: https://iono.fm/s/225
Luister die potgooi op:
Spotify:
https://open.spotify.com/show/07iItWHUYn23EtMWDYwplr?si=b08f960394b84fa6
Apple Podcasts:
https://podcasts.apple.com/za/podcast/klipkouers/id1076156065
Besoek ons webwerf: www.klipkouers.com Webwerf

Friday Oct 21, 2022
Friday Oct 21, 2022
In die eerste aflewering van Klipkouers SON (Sake-Ondersteuningsnetwerk) bespreek die paneel potgooie as bemarkingsinstrument; die impak van en koste verbonde aan sekere regsbeginsels; en finansiële beplanning en oplossings vir boere en Afrikaanssprekende sakelui.
Die gemene deler in aldrie hierdie gesprekke is die belangrikheid van waardetoevoeging…
Luister na die episode hier:
Spotify:
https://open.spotify.com/show/07iItWHUYn23EtMWDYwplr?si=b08f960394b84fa6
Apple Podcasts:
https://podcasts.apple.com/za/podcast/klipkouers/id1076156065
Besoek ons webwerf: www.klipkouers.com Webwerf

Friday Sep 02, 2022
Friday Sep 02, 2022
Charles Back is die derde-generasie eienaar van wyn- en kaasprodusent Fairview in Paarl, en die opregtheid en eerlikheid van sowel sy pa as oupa, is ’n waarde wat hy steeds met hom saamdra.
Back het vroeg, as leerder aan Paarl Gimnasium, insae gekry in diskriminasie, en ’n sensitiwiteit vir die ‘underdog’ ontwikkel.
Juis daarom beskou hy wynbou as ’n manier om mense te bemagtig en vooruitgang in Suid-Afrika te dryf.
As Wes-Kaap se Boer van die Jaar in 2017, is Back se visie om uiteindelik al sy produkte direk aan die eindverbruiker te verkoop, want, glo hy, as ’n mens jou produkte reg bemark, op die plaas, sal mense eerder soontoe kom as supermark toe gaan… Webwerf

Friday Jun 03, 2022
Friday Jun 03, 2022
Ben Groot is ’n prokureur wat spesialiseer in handelsreg.
Hy is egter van skooldae ook reeds passievol oor entrepreneurskap en besigheidsbestuur, en het, benewens sy eie, florerende regspraktyk, wat selfs na Namibië uitgebrei het, ook Lexa, ’n innoverende toep wat oop kommunikasie en tydige terugvoer tussen regsfirmas en hul kliënte bevorder, van stapel gestuur.
Dit was ’n uitvloeisel van sy MBA-studies aan die Universiteit van Stellenbosch se Besigheidskool, maar verál ook omrede kliëntverhoudings vir Groot, as prokureur, voorop staan.
In sy vrye tyd leer hy besigheidsbeginsels vir sy kinders deur Springwêreld, ’n klein tuisonderneming wat springkastele uitverhuur. Webwerf

Friday Apr 15, 2022
Friday Apr 15, 2022
Water en sanitasie is van die grootste uitdagings wat die wêreld in die gesig staar.
As stigter en Besturende Direkteur van Scientific Sanitation Solutions, wy Victor Adendorff hom toe aan die ontwikkeling van tegnologies gevorderde produkte vir water sanitasie-oplossings.
Sy eertydse opleiding as valskermsoldaat, het vir Adendorff die noodsaaklike dissipline en deursettingsvermoë geleer wat hy later kon deurtrek na die sakewêreld toe.
Hy beskou deursettingsvermoë as die grootste bate in besigheid, en vernaam in landbou. Boerdery is huidiglik waarskynlik die moeilikste bedryf in Suid-Afrika, maar, soos die gesegde lui, ‘’n Boer maak ’n plan…’
Juis daarom het Scisan ook vorendag gekom met Sani-99™ for AGRI, ’n uiters effektiewe landboukundige ontsmettingsmiddel. Webwerf

Friday Apr 01, 2022
Friday Apr 01, 2022
Van Prieska tot Nfinity.
Dit, in kort, is die Pieter Groenewald-storie.
As kind het Groenewald se pa, wat ’n aantal besighede op Prieska besit en as die ‘Afrikaanse Jood’ op die dorp bekendgestaan het, ’n blywende indruk gelaat.
Bykans ’n kwarteeu later, sou ’n oproep van ene Ken Varejes vir Groenewald se loopbaan ’n radikale hupstoot gee, en deesdae is hy landswyd bekend as HUB van die vooraanstaande Influencer Marketing Division by die Nfinity Media Group.
Soos Groenewald verduidelik, dra konvensionele advertensiestrategieë nie meer dieselfde gewig nie, met aanlyn mondelinge-bemarking, verwysings en sosiale bewys wat deesdae reklame dryf.
En, influencer marketing, oftewel beïnvloedersbemarking, staan aan die voorpunt hiervan! Webwerf

Thursday Mar 17, 2022
Thursday Mar 17, 2022
Nié alleen het hy bykans eiehandig misdaadfiksie in Afrikaans laat herleef sedert 1994 nie, Deon Meyer is ook een van die ‘Nuwe Suid-Afrika’ se beroemdste uitvoerprodukte.
Sedert sy eerste blitsverkoper, Feniks, het daar 14 verdere romans uit sy pen verskyn, wat in 40 lande wêreldwyd gepubliseer en in 27 tale vertaal is.
Meyer se pad na roem was egter allermins met rose besaai.
In die genadelose leerskool van joernalistiek en later as aspirantskrywer moes hy leer om die onvermydelike kritiek, afkeuring en mislukking wat daarmee gepaardgaan, te verwerk.
Nie eens vlymskerp kritiek, soos ‘Hierdie ou sal nooit kan skryf nie’, kon hom egter van stryk bring nie, en na sy deurbraak met die TV-reeks, Orion, in 1998, het Deon Meyer nooit weer teruggekyk nie. Webwerf

Thursday Dec 16, 2021
Thursday Dec 16, 2021
Hierdie is 'n fassinerende onderhoud oor oa SASOL en Suid-Afrika se chemikalieë industrie geskiedenis.
Dr. Abraham Brink was vir dekades ’n toonaangewende rolspeler in die vervaardigingsbedryf. Daarvan getuig die feit dat hy in 2014 verkies was tot president van die International Institute of Synthetic Rubber Producers in Houston.
Brink het in 1977 by die Karbochem-afdeling van Sentrachem aangesluit as hoof van navorsing en ontwikkeling, en meer as 30 jaar later sou hy as direkteur van Karbochem ’n sleutelrol speel in die bestuursuitkoop van Dow SA in 2003.
Brink glo dat daar vir elke probleem, ongeag hóé groot, altyd ’n oplossing is, maar hy is ook van mening dat Suid-Afrika tans nie oor die spesifieke nisvaardighede beskik om groot projekte te hanteer nie… Webwerf

Tuesday Nov 30, 2021
Tuesday Nov 30, 2021
Heinrich Strydom se aanvanklike droom om vir die Proteas krieket te speel, het mettertyd omgeswaai na ‘n ambisie om een van die top administrateurs in SA sport te word.
As die jongste hoof-uitvoerende beampte van ’n plaaslike krieketfranchise, toe hy vyf jaar gelede op 34-jarige ouderdom aangestel was as baas van die Dolphins, is Heinrich besig om homself uitmuntend van sy taak te kwyt. Sy kontrak is onlangs met ’n verdere vyf jaar verleng.
As ’n gebore en getoë Potchefstromer, is hy ’n alumnus van die NWU Besigheidskool - wat hy meen hom toegerus het met die visie en strategiese bestuursvernuf wat nodig is in die genadelose wêreld van professionele sport. Webwerf

Klipkouers is ‘n Besigheids Podcast waar Jacques Basson gereeld gesels met Afrikaanse entrepreneurs en impakmakers ten einde praktiese besigheids-en lewensadvies te ontgin. Besoek ons webwerf: www.klipkouers.com
Klipkouers is a Private Chamber of Commerce and Business Podcast. Jacques Basson regularly engages with Afrikaanse entrepreneurs and influencers to explore practical business and life advice.