Klipkouers

Klipkouers is ‘n Besigheids Podcast/Business Podcast waar Jacques Basson gereeld gesels met Afrikaanse entrepreneurs en impakmakers ten einde praktiese besigheids-en lewensadvies te ontgin. Besoek ons webwerf: www.klipkouers.com

Listen on:

  • Apple Podcasts
  • YouTube
  • Podbean App
  • Spotify
  • Amazon Music
  • TuneIn + Alexa
  • iHeartRadio
  • PlayerFM
  • Podchaser
  • BoomPlay

Episodes

Friday Jun 04, 2021

Gerda van Schalkwyk, sjarmante eienares van die Isigidi Group, het oor die jare voortdurend nuwe vaardighede aangeleer. Dit het haar in staat gestel om gereeld te diversifiseer - soos dit ‘n ware entrepreneur betaam.
Nadat sy aanvanklik as ‘n skoonheidsdeskundige opgelei was en uiteindelik haar eie salon vanuit die huis bedryf het, het Gerda deur Damelin verder as ‘n funksie koördineerder gekwalifiseer, en daaruit het Isigidi voortgespruit.
Isigidi koördineer funksies groot en klein, maar verkoop ook eksklusiewe damesuitrustings, wat Gerda aanvanklik van Bangkok ingebring het maar nou self ontwerp. Energie, geesdrif en oorspronklikheid is inderdaad die sleutel tot hierdie dinamiese dame se sukses. Webwerf

Monday May 17, 2021

De Wet Swanepoel het homself nie alleen die afgelope paar dekades onderskei as ‘n vooraanstaande kundige op die gebied van oudiologie nie, maar sy ondernemingsinstinkte het een van die wêreld se suksesvolste digitale gehoor-gesondheidsondernemings tot gevolg gehad.
De Wet, ‘n Professor in oudiologie aan Tuks, is die stigter en wetenskaplike adviseur van die hearX-groep, ‘n gehoor-gesondheidsfirma wat bekostigbare toegang tot gehoorversorging bied deur die aanwending van slim digitale gesondheidsoplossings wat enigiemand, op enige plek, kan gebruik.
Volgens De Wet, het hearX in 2015 ontstaan as ‘n sosiale onderneming, en onlangs ‘n allemintige US$8.3 miljoen Reeks-A fondsinsameling voltooi. Webwerf

Monday Apr 26, 2021

Suid-Afrikaners is die afgelope dekade reeds vertroud met en versot op Voetspore, die reeks van reisdokumentêre programme op SABC 2.
Dit het Johan Badenhorst gevestig as ‘n huishoudelike naam in menige sitkamers regoor die land, vanweë die epiese togte wat hy sedert 2000 onderneem het regdeur Afrika en verder - selfs so ver as Indië.
Johan sien homself primêr as ‘n TV-programvervaardiger en joernalis, wat
daarvan hou om stories te vertel. Sy wedervaringe het egter ook die entrepreneur in hom aangewakker, en dit het aanleiding gegee tot die Voetspore-leefstylwinkel en 4x4 monteringsentrum in Pretoria.
Hierdie is een van die fassinerendste gesprekke wat ek in ‘n lang ruk gevoer het... Webwerf

Monday Mar 29, 2021

Om entrepreneurskap, tegnologie en bemarking byeen te bring is Roland van der Walt se kos. Hy is passievol daaroor om voortdurend nuwe oplossings te vind vir die wêreld se immer-ontwikkelende vraagstukke.
Met meer as twee dekades se ervaring in bemarking en verkope, waarvan ‘n hele paar jaar oorsee, dien en bestuur Roland verskeie maatskappye op direksie-vlak, insluitende Rateweb, GoRugged en RaakRof, en, natuurlik, die moedermaatskappy Instacom, wat fokus op Push-to-Talk tegnologie.
Roland van der Walt is inderdaad ‘n reeks-entrepreneur, met ‘n oneindige stroom van nuwe idees en die bemarkingsvernuf om daardie idees te verkoop. Webwerf

Friday Jan 22, 2021

Neels Grieshaber is nie alleen ‘n suksesvolle boer van die Ellisras-distrik in die Bosveld nie. Hy is ook ‘n entrepreneur by uitnemendheid.
Neels is die baasbrein agter die bekroonde alles-in-een klamptang, Magi-Clamp, wat ontwerp, ontwikkel en vervaardig is om draadklampe effektief vas te maak op enige pyp of spuitslang of veerkragtige materiaal of ander klamptoepassings.
‘n Voortdurende gesukkel om stukkende waterpype op die plaas en in voertuie te herstel, het Neels genoop om te begin eksperimenteer, en hy het die baanbrekerswerk van sy oorlede oom, Jimmy Grieshaber, verder gevoer en vervolmaak. Juis daarom noem hy die Magi-Clamp ook die ‘Jimmy’ Tool’... Webwerf

Thursday Dec 24, 2020

En daar is "Covid 2020" op sy rug! Dit is vir my ‘n wonderlike voorreg om ‘n paar besigheids- en persoonlike hoogtepunte met julle te deel. Baie dankie vir die volgehoue ondersteuning en lojale luisters – ek wens jou en jou geliefdes ‘n geseënde Kersfees en ‘n baie suksesvolle 2021 toe! Webwerf

Episode 130: Morné Basson

Thursday Dec 03, 2020

Thursday Dec 03, 2020

Morné Basson is die verpersoonliking van ‘n ‘Klipkouer'. En, die ideale persoon om 72km/dag fiets te trap vir 72 opeenvolgende dae. Dit doen Morné ter ondersteuning van The Character Company, wat mentorskap aanbied vir jong seuns wat grootword met ‘n afwesige pa.
Morné is ‘n merkwaardige langasem, en het al 72 marathons afgelê, op ‘n trapmeul, ter bewusmaking van motorneuronsiekte, en in 2015 selfs die Comrades voltooi op ‘n passasierskip in Alaska!
Morné beskik egter nie alleen oor ongelooflike fisiese uithouvermoë nie, sy geestelike deursettingsvermoë is onlangs ook deeglik op die proef gestel met die skielike heengaan van die groot liefde in sy lewe.
Hier is sy hartroerende en inspirerende verhaal. Webwerf

Episode 129: Corbèr Viljoen

Tuesday Nov 10, 2020

Tuesday Nov 10, 2020

Corbèr Viljoen het sy lewe lank ‘n absolute passie vir klassieke motors.
Toe hy in standerd ses was het sy entrepreneur pa reeds vir hom ‘n Ford Fairlane gekoop.
En, hoewel sy ma wou gehad het dat hy ‘n vlieënier moes word, het sy passie vir ou karre uiteindelik die botoon gevoer en beoefen Corbèr sy aanvanklike stokperdjie die afgelope vyf jaar reeds as ‘n voltydse beroep.
Sy onderneming, Wat Swaai Jy, in Menlyn, spesialiseer in die koop en verkoop van klassieke motors, en hulle is ook spesialiste op die gebied van restourasie. Volgens Corbèr is sy kliënte meestal entoesiaste wat sy passie vir karre deel.
Gaan kyk gerus ook na Corbèr se vrou, Nadia, se Instagram blad wat meer op die skoner geslag van klassieke motor entoesiaste gemik is: https://www.instagram.com/classiccargirl/ Webwerf

Episode 128: Kallie Carlsen

Tuesday Oct 06, 2020

Tuesday Oct 06, 2020

The Tornadoes, ‘n Britse popgroep van die Sestigerjare, het in 1962 ‘n futuristiese Nr 1-treffer gehad met hulle enkelsnit, ‘Telstar’,wat verwys na een van die eerste kommunikasie-satelliete wat ooit gelanseer is.
Soos Kallie Carlsen egter verduidelik, is kommunikasie-satelliete lank reeds nie meer futuristies nie. Kallie is die besturende direkteur van Paratus Suid Afrika, ‘n onafhanklike verskaffer van laaste-myl, satelliet-gebaseerde konnektiwiteit en toegangsoplossings. As een van die grootste verskaffers in Afrika, beskik Paratus oor 4000 satelliet-terminale regoor die vasteland en bied dit die volle spektrum van end-tot-einde konnektiwiteitsoplossings.
Dit lewer onder andere ook ‘n kritieke diens aan boeregemeenskappe, met die groeiende kommer rondom plaasveiligheid in Suid-Afrika. Webwerf

Wednesday Sep 16, 2020

Met soveel ondernemings wat moontlik skipbreuk kan ly gedurende COVID-19, verkeer heelwat eienaars moontlik onder die wanindruk dat hulle eenvoudig hul deure moet sluit.
Daar is egter alternatiewe opsies. Arno Jansen van Vuuren van STRATLAW gesels met my oor Samesmeltings en Oornames, oftewel ‘Mergers and Acquisitions’, as groeistrategieë of oorlewingstrategieë - sonder dat die besigheid se deure noodwendig gesluit moet word.
Die hoofdoel is om ‘n wen-wen situasie te probeer skep, en in dié opsig is dit kritiek dat ‘n mens se besigheid aantreklik is vir beleggers en dat jy ‘n ideale besigheidsvennoot kan identifiseer. Webwerf

Image

Klipkouers is ‘n Besigheids Podcast waar Jacques Basson gereeld gesels met Afrikaanse entrepreneurs en impakmakers ten einde praktiese besigheids-en lewensadvies te ontgin. Besoek ons webwerf: www.klipkouers.com

Klipkouers is a Private Chamber of Commerce and Business Podcast. Jacques Basson regularly engages with Afrikaanse entrepreneurs and influencers to explore practical business and life advice.

 

Jacques Basson

Version: 20241125