Episodes

Wednesday Sep 16, 2020
Wednesday Sep 16, 2020
Met soveel ondernemings wat moontlik skipbreuk kan ly gedurende COVID-19, verkeer heelwat eienaars moontlik onder die wanindruk dat hulle eenvoudig hul deure moet sluit.
Daar is egter alternatiewe opsies. Arno Jansen van Vuuren van STRATLAW gesels met my oor Samesmeltings en Oornames, oftewel ‘Mergers and Acquisitions’, as groeistrategieë of oorlewingstrategieë - sonder dat die besigheid se deure noodwendig gesluit moet word.
Die hoofdoel is om ‘n wen-wen situasie te probeer skep, en in dié opsig is dit kritiek dat ‘n mens se besigheid aantreklik is vir beleggers en dat jy ‘n ideale besigheidsvennoot kan identifiseer. Webwerf

Friday Aug 14, 2020
Friday Aug 14, 2020
Theo Prinsloo staan, saam met sy ou skoolvriend Johan Swarts, aan die stuur van GuanoBoost, ‘n innoverende maatskappy wat ‘n alles-in-een, 100% organiese kunsmisproduk aan boere voorsien.
GuanoBoost word vervaardig van Namibiese guano (voëlmis) wat, met ‘n stikstoftelling van N16.5%, die hoogste konsentraat ryk, natuurlike messtof in die wêreld bevat. Die produk word verwerk by hul aanleg in Swartwater, Limpopo.
GuanoBoost help kommersiële boere om sowel hul oesopbrengste as die rakleeftyd van hul produkte op ‘n volhoubare manier te verhoog, terwyl dit tersfeldertyd operasionele logistiek vergemaklik en omgewingsvriendelik is. Webwerf

Friday Jul 24, 2020
Friday Jul 24, 2020
Die COVID-19-pandemie het die arbeidsmark op sy kop gekeer, met die wankelrige ekonomie wat oral noodgedwonge afleggings tot gevolg het.
Edward Coleman van Stratlaw regsadviseurs is ‘n kenner op die gebied van die arbeidswet, en bespreek ‘n aantal noodsaaklike aspekte rondom afleggings en die onderhandelingsprosedure wat gevolg behoort te word.
Edward benadruk onder andere dat afleggings ‘n absolute laaste uitweg behoort te wees, en bespreek voorts die moontlike alternatiewe tot afleggings wat eers oorweeg moet word, asook die kriteria vir afleggings en voorskrifte t.o.v. afleggingspakkette. Webwerf

Wednesday Jul 15, 2020
Wednesday Jul 15, 2020
Met ‘n agtergrond in boekhou, het Leonie Marques aanvanklik by die Ontvanger van Inkomste gewerk, en ook sowat 40 maatskappye se boeke van die huis af behartig.
Daarna het sy ‘n ander koers ingeslaan deur ‘n tuindiens-besigheid te koop, wat sy van 100 na 300 tuine per maand uitgebrei het.
Haar seun se huiswerklading, tesame met sy sport, het haar genoodsaak om te begin help met opsommings, sodanig dat sy vir maats ook begin opsommings maak het. So het Studiemeester™, 'n innoverende leerlingondersteuningsplatform wat ouers die geleentheid bied om hul kinders se leerwerklading te verlig sonder om hul akademiese groei te stuit, die lig gesien. Webwerf

Thursday Jun 04, 2020
Thursday Jun 04, 2020
Ek gesels met Sasha-Leigh Burggraaf van Stratlaw oor:
- Wie mag of mag nie terugkeur werk toe nie.
- Watter stappe moet geneem word deur werkgewers ten einde die werksplek voor te berei.
- Wat moet die Moniteeringsbeampte doen.
- Wat moet alles bevat word in die infaseerings plan vir werknemers.
- Waar vind ondernemings uit hoe hulle beheermaatreels moet implementeer.
- Watter stappe moet geneem word voor die nodige beheermatreels geimplementeer word.
- Watter beheermaatreels kan geimplementeer word (4 kategorieë).
- Hoe moet ondernemings die nodige beheermaatreels implementeer (groot en klein ondernemenings). Webwerf

Thursday May 21, 2020
Thursday May 21, 2020
Sarel du Plessis kan met reg beskryf word as ‘n ghoeroe van die Suid-Afrikaanse media- en bemarkingsbedryf.
Met 32 jaar ervaring in die advertensiewese, bemarkingsaangeleenthede en die drukkers- en uitgewersbedryf, weet hierdie 64-jarige boorling van Edenvale so ‘ietsie’ van die media-industrie, en dra hy ook eerstehandse kennis van krisistye in die geskiedenis, soortgelyk aan die huidige COVID-19 pandemie, en hoe die mensdom weer anderkant uitgekom het.
Sarel was onder andere besigheidsbestuurder van Business Day en verkope- en bemarkingsdirekteur van Times Newspapers. In die Media24-stal het hy die poste as onderskeidelik uitgewer en hoof-uitvoerende beampte van sowel die Sondagkoerant-afdeling, RCP Media, as News Media North, die uitgewers van Rapport, Beeld en Volksblad, beklee.
Sarel was ook die stigter van Ads24 en algemene bestuurder van Groot FM (‘Die Groot Ontbyt), terwyl Rapport se uiters gewilde ‘Ons Sing Jou Taal’-reeks van CD’s sy breinkind was.
Deesdae bedryf Sarel sy eie konsultantbesigheid, Lekker Media. Webwerf

Wednesday Apr 22, 2020
Wednesday Apr 22, 2020
Misdaad is buite beheer.
En, hoe dan anders, met statistieke wat dui op ‘n gemiddeld van 57 moorde per dag, ‘n roofaanval elke paar minute en ‘n verkragting elke vier minute...
Dankie tog vir my jongste gas, Mike Bolhuis, wat dit as sy roeping sien om misdaad met hand en tand te beveg.
Met meer as 35 jaar ervaring, is Bolhuis se genadelose en somtyds onortodokse stryd wat hy teen misdadigers voer welbekend, en selfs berug.
Op een van sy T-hemde staan geskryf: ‘NO DRUGS, NO VIOLENCE’.
Dit, in ‘n neutedop, is die fokus van Mike Bolhuis se krystog teen misdaad.
Niemand is meer passievol oor die stryd teen misdaad as hy nie, veral wanneer vrouens, kinders en diere daaronder ly.
Oor die jare was hy uiters suksesvol daarin om bende- en dwelmverwante misdade te beveg, tot so ‘n mate dat sy maatskappy as ‘n laaste uitweg beskou word. 'n Moderne "A-team"! Webwerf

Monday Apr 20, 2020
Monday Apr 20, 2020
UIF: COVID-19 -bystandsfonds aansoeke kan slegs gedoen word gedurende die "lockdown" periode. Ek gesels met Arno Jansen Van Vuuren van Stratlaw (https://stratlaw.co.za) oor:
1. Wie aansoek kan doen;
2. Waarvoor jy aansoek kan doen en;
3. Hoe jy aansoek kan doen Webwerf

Wednesday Mar 25, 2020
Wednesday Mar 25, 2020
Wat 'n mal tyd! Hierdie Meksikaanse Bier Gogga is besig om groot amok te maak. Ek dink die wêreld het laas met 9/11 so baie ontwrigting en onsekerheid ervaar. Maar, chaos skep geleenthede. Moet net nie perspektief verloor nie en meer belangrik: Leer, Reflekteer en Implementeer Webwerf

Thursday Feb 27, 2020
Thursday Feb 27, 2020
Ontmoet Isak Marais, ‘n entrepeneur met ‘n passie vir innovasie en bemagtiging. Marais het twee dekades gelede die groot sprong gewaag om sy eie besigheid op die been te bring. Dit het aanvanklik ‘klippe kou’ gekos, maar vandag sit hy aan die stuur van die toonaangewende Bramhope Groep.
Bramhope spesialiseer in die lewering van MRO (Maintenance, Repair, Operations) bestuursdienste en sagteware, en is ook invoerders en verspreiders van meer as 150,000 industriële produkte.
Die meet en voorspel van verbruikersgedrag is vir Marais van belang, asook die vermoë om waarde toe te voeg. Waardetoevoeging vereis ‘n omvattende paradigmaskuif van tradisionele baksteen-en-sement ondernemings na digitaal-gebaseerde platformbesighede, asook hope buigsaamheid.
Marais is ‘n strateeg en visioenêre sakeleier wat kreatiwiteit in elke aspek van besigheidsgroei toepas. Soos sy bekroonde Bramhope International School of Innovation (BISI) geloods, wat studente produktief in die maatskappy oplei.
Bramhope Outdoor & Leisure het onlangs ook die invoer- en verspreidingsregte bekom vir National Geographic se eksklusiewe reeks van produkte.
Hoewel hierdie wêreldberoemde handelsmerk op toerisme gemik is, is die plaaslike reeks ‘n prys-sensitiewe reeks, waarvan die inkomste teruggeploeg word in natuurbewaring.
Altyd daardie waardetoevoeging. Webwerf

Klipkouers is ‘n Besigheids Podcast waar Jacques Basson gereeld gesels met Afrikaanse entrepreneurs en impakmakers ten einde praktiese besigheids-en lewensadvies te ontgin. Besoek ons webwerf: www.klipkouers.com
Klipkouers is a Private Chamber of Commerce and Business Podcast. Jacques Basson regularly engages with Afrikaanse entrepreneurs and influencers to explore practical business and life advice.