Episodes

Tuesday Dec 24, 2019
Tuesday Dec 24, 2019
En daar is 2019 op sy rug! Dit is vir my ‘n wonderlike voorreg om ‘n paar besigheids- en persoonlike hoogtepunte met julle te deel. Baie dankie vir die volgehoue ondersteuning en lojale luisters – ek wens jou en jou geliefdes ‘n geseënde Kersfees en ‘n baie suksesvolle 2020 toe! Webwerf

Friday Nov 08, 2019
Friday Nov 08, 2019
Jacques Taylor is die besturende direkteur van John Deere Sub-Sahara Afrika. Die man wat deur internasionale kenners bestempel word as ‘Afrika se Landboukenner’ gesels padlangs met my oor sy loopbaanpad, wat hom van die navraagtoonbank in die Bloemfontein-tak van Standard Bank geneem het na die vooruitstrewende boeregemeenskap van Schweizer-Reneke, die glanskantore van Johannesburg en Nigerië se welvarende landboumark tot, uiteindelik, die bestuurstoel van John Deere in Boksburg. Webwerf

Thursday Oct 03, 2019
Thursday Oct 03, 2019
Alishia van Deventer is die stigter van die publisiteitsmaatskappy, Starburst Promotions. Van haar suksesvolle kliënte en projekte sluit in musikante soos ADAM, Joshua na die Reën, Bouwer Bosch en Die Heuwels Fantasties, asook films soos Pad na jou Hart, Leading Lady en Ballade vir ’n Enkeling. Sy vertel my o.a. van foute wat opkomende kunstenaars moet vermy. Webwerf

Wednesday Sep 11, 2019
Wednesday Sep 11, 2019
Oud Egoli-akteur, Henk Pretorius, is die mede-stigter van Dark Matter Studios met kantore in Johannesburg en Londen. Hy het ‘n hele paar suksesvolle flieks op sy kerfstok wat o.a. die suksesvolle Bakgat! fliek trilogie, Leading Lady en Modder en Bloed insluit. Hulle benadering tot spanbou en “fliek finansiering” is uniek. Webwerf

Saturday Aug 24, 2019
Saturday Aug 24, 2019
Osidon is die wêreld se eerste digitale Rekenmeester en gebore uit pyn en frustrasie nadat stigters, Hennie en Melissa Ferreira, 'n bloutjie geloop het met hul vorige digitale besigheid se Rekenmeester. Osidon automatiseer SME's se "compliance" vir boekhouding, belasting en menslike hulbron-bestuur en het baie aggressiewe groeiplanne wat Suid-Afrika, die VSA en VK insluit. Kom hoor hoe lyk die toekoms van boekhouding. Webwerf

Wednesday Aug 07, 2019
Wednesday Aug 07, 2019
Daar is ‘n rede hoekom Annette Muller benoem is deur Forbes as een van Afrika se besigheidsleiers om dop te hou. Haar 2de en nuutste digitale besigheid, Flexyforce, stel besighede in staat om al hulle verskaffers en veral kontrak- en afstandwerkers effektief te bestuur en te betaal op een digitale platform. Die “Future of Work” het gearriveer in ons globale dorpie. Webwerf

Wednesday Jul 24, 2019
Wednesday Jul 24, 2019
Hannon Bothma en Julius Swart is die mede-stigters van die baie suksesvolle HANNON-handelsmerk. Hannon is veral 'n bekende gesig op die televisie program Glam Guru. Hulle storie is inspirerend en weereens 'n herinnering dat passie en harde werk gevolg word deur sukses! Webwerf

Thursday Jul 11, 2019
Thursday Jul 11, 2019
Pepe Marais, is die mede-stigter van Joe Public United, een van die grootste advertensie agentskappe in SA met 'n jaarlikse omset van R700 miljoen. Nadat die besigheid bankrot gespeel het in 2009 (omdat Pepe 'n waardegedrewe besluit geneem het), het hulle die besigheid honderdvoudig begin groei deur ‘n duidelike "purpose" te hê of wat hy noem “een woord” en nie deur winste na te jaag nie. Webwerf

Wednesday Jun 12, 2019
Wednesday Jun 12, 2019
Omri Van Zyl is die uitvoerende hoof van Agri SA en die 2016 wenner van CEO Global se prestige-prys vir sy bydrae tot landbou in Afrika. Om 28,000 boere lidmate wat strek oor 26 verskillende tipe boerderye, waarde toe te voeg en gelukkig te hou, sit nie in enige man se broek nie. Webwerf

Wednesday May 29, 2019
Wednesday May 29, 2019
Ek was bietjie “baie” stil die afgelope paar weke en wou net vinnig inloer en jou vertel waarmee ek besig bv.
– hoe ek geld maak;
– ‘n nuwe besigheid genaamd CommWealth;
– ‘n Landbou Potgooi wat in wording is;
– ‘n nuwe potgooi onderhoud struktuur en produksie proses;
– help Hannon produkte aanlyn verkoop en;
– ‘n paar Japanese wyshede vir ‘n ekstra huppel in jou knuppel! Webwerf

Klipkouers is ‘n Besigheids Podcast waar Jacques Basson gereeld gesels met Afrikaanse entrepreneurs en impakmakers ten einde praktiese besigheids-en lewensadvies te ontgin. Besoek ons webwerf: www.klipkouers.com
Klipkouers is a Private Chamber of Commerce and Business Podcast. Jacques Basson regularly engages with Afrikaanse entrepreneurs and influencers to explore practical business and life advice.