Klipkouers

Klipkouers is ‘n Besigheids Podcast/Business Podcast waar Jacques Basson gereeld gesels met Afrikaanse entrepreneurs en impakmakers ten einde praktiese besigheids-en lewensadvies te ontgin. Besoek ons webwerf: www.klipkouers.com

Listen on:

  • Apple Podcasts
  • YouTube
  • Podbean App
  • Spotify
  • Amazon Music
  • TuneIn + Alexa
  • iHeartRadio
  • PlayerFM
  • Podchaser
  • BoomPlay

Episodes

Episode 111: Martin Schoeman

Thursday May 09, 2019

Thursday May 09, 2019

Martin Schoeman is die stigter van Sangoma Safaris en wenner van die ‘Wildteler van die Jaar 2018’ titel. Die fokus van Sangoma Safaris is bewaring deur benutting. Hulle benut die hele waarde ketting van die wild bedryf en natuur. Hulle wek hulle eie krag op deur sonkrag, plant hulle eie voer, vir die wild wat hulle self teël. Jag hulle wild en verwerk die vleis in hulle eie slaghuis. Webwerf

Episode 110: Dawie Swart

Friday Apr 12, 2019

Friday Apr 12, 2019

Dawie Swart is die vooruitdenkende Hoof Uitvoerende Beampte van Investicore Holdings (Pty) Ltd met kantore in Suid-Afrika en North Carolina. Hulle belê in eiendomme, hoofsaaklik deur filiale maatskappye wat tesame met verskeie beleggers besit word. Die maatskappy se hooffokus is op industriële en kommersiële eiendomme, maar daar word ook geleenthede in alle sektore van die eiendomsmark geïdentifiseer. Webwerf

Episode 109: Morné Smit

Tuesday Mar 19, 2019

Tuesday Mar 19, 2019

Morné Smit is die sakeman en entrepreneur agter Emerse, ‘n Londen gebaseerde besigheid en mentorskap onderneming wat in verskoopstrategie spesialiseer. Emerse werk met beide groot besighede en ‘start-ups’ om hulle te help om te groei en winsgewend te wees. Webwerf

Episode 108: Jannie Putter

Wednesday Mar 06, 2019

Wednesday Mar 06, 2019

Jannie Putter is 'n bekende provinsiale en nasionale rugbyspeler wat sy ervaring graag as 'n motiveringspreker en kopdokter deel. Hy werk met ‘n verskeidenheid nasionale en internasionale atlete, sportmanne en -vrouens asook die Goue Leeus en Blou Bulle rugbyspanne. Hy is ‘n gereelde spreker op radio en televisie en die outeur van ses boeke. Webwerf

Episode 107: Ben Liebenberg

Wednesday Feb 20, 2019

Wednesday Feb 20, 2019

Ben Liebenberg het vonBerg Boutique Butchers saam met sy broer, Issie, en hulle vrouens, Ané en Annelize, gestig. vonBerg bring ‘n vars en opwindende benadering na die vleisindustrie wat aan verbruikers top-gehalte produkte voorsien, sowel as tradisionele, meer moderne en eksperimentele resepte wat inspirasie uit verskeie kulture trek. vonBerg is trots om anders te wees en gemotiveerd om op ‘n konstante basis die standaarde te lig - vir hulself sowel as die industrie. Webwerf

Wednesday Feb 06, 2019

Louis Albertyn en Abie Kohn is medestigters van K.O.S, waar die fokus op die gemeenskap gerig word – die “kos.community.” Hulle passie is om vars, gesonde kos en huishoudelike produkte van kwaliteitgehalte bymekaar te bring en te versprei na 'n middelpunt, of “Kos Hub”, wat gerieflik naby aan die verbruiker is. Webwerf

Episode 105: Dr Cobus Oosthuizen

Wednesday Jan 23, 2019

Wednesday Jan 23, 2019

Nadat hy uitstekende sukses in gemeenskapsontwikkeling behaal het, is Dr. Cobus Oosthuizen deur verskeie besighede en maatskappye genader om met veranderingsbestuur en individuele prestasieverbetering by te staan, asook om besighede te help om ‘n positiewe besigheidskultuur te ontwikkel. Dit het tot die onstaan van LifeXchange Solutions gelei, wat slegs op die besigheids- en korporatiewe sektore fokus en ‘n gróót, positiewe verskil maak! Webwerf

Kersboodskap 2018

Wednesday Dec 12, 2018

Wednesday Dec 12, 2018

2018 staan nou vinnig einde se kant toe en dis vir my ‘n wonderlike voorreg om ‘n paar Klipkouer-hoogtepunte met julle te deel. Baie dankie vir die volgehoue ondersteuning en lojale luisters - ek wens julle almal ‘n geseënde Kersfees en 'n baie suksesvolle 2019 toe! Webwerf

Episode 102: Willem van der Merwe

Wednesday Dec 05, 2018

Wednesday Dec 05, 2018

Willem van der Merwe is die Besturende Direkteur van Africa Biomass Company (ABC) en algehele wenner van Sanlam se 2017 Entrepreneur van die Jaar. Hy het ‘n innoverende oplossing gevind om ou boorde, wingerde, windlanings, saagmeulafval en selfs indringer bome te verwerk, met 'n groot positiewe impak op vrugteplase en die omgewing. Webwerf

Wednesday Nov 28, 2018

Roelien von Molendorff is die hoof van Innovasie by Heineken Suid-Afrika en bestuur beide die Miller- en Soweto Gold-handelsmerke, en deel ook met innovasie- en klassieke bemarkingspligte. Webwerf

Image

Klipkouers is ‘n Besigheids Podcast waar Jacques Basson gereeld gesels met Afrikaanse entrepreneurs en impakmakers ten einde praktiese besigheids-en lewensadvies te ontgin. Besoek ons webwerf: www.klipkouers.com

Klipkouers is a Private Chamber of Commerce and Business Podcast. Jacques Basson regularly engages with Afrikaanse entrepreneurs and influencers to explore practical business and life advice.

 

Jacques Basson

Version: 20241125