Klipkouers

Klipkouers is ‘n Besigheids Podcast/Business Podcast waar Jacques Basson gereeld gesels met Afrikaanse entrepreneurs en impakmakers ten einde praktiese besigheids-en lewensadvies te ontgin. Besoek ons webwerf: www.klipkouers.com

Listen on:

  • Apple Podcasts
  • YouTube
  • Podbean App
  • Spotify
  • Amazon Music
  • TuneIn + Alexa
  • iHeartRadio
  • PlayerFM
  • Podchaser
  • BoomPlay

Episodes

Episode 100: Jacques Basson

Wednesday Nov 21, 2018

Wednesday Nov 21, 2018

Ek was vir 'n slag bietjie aan die ander kant van die mikrofoon saam met Gareth Cliff - hy het met my oor die ontstaan van Klipkouers gesels: my hele filosofie rondom besigheid en entrepreneurskap, hoekom ek die Klipkouers-potgooi geloods het, hoe dit alles saamsmelt, asook 'n paar lekker staaltjies uit my verlede! Webwerf

Episode 99: Arno Smit

Wednesday Nov 14, 2018

Wednesday Nov 14, 2018

In 2011 het Arno Smit FundedByMe begin as 'n hobby projek. Hy vertel hoe hierdie unieke equity crowdfunding platform, beleggers en entrpreneurs konnek vir bevondsing geleenthede. En met plofbare wêreldwye groei in die afgelope 5 jaar, sien hulle hulself as die entrepreneur se beste vriend. Webwerf

Episode 98: Christine Geldart

Wednesday Nov 07, 2018

Wednesday Nov 07, 2018

Christine Geldart is die eienaar van Marven Equipment, 'n dinamiese familiebesigheid, wat bekend staan as die "Kings Of Customization". Hulle skep allerhande mobiele gereedskaphouers volgens die klient se persoonlike behooftes. Hulle is trots op die feit dat hulle 'n eenstopwinkel kan wees vir enigiets van mobiele werkswinkeloplossings tot brandblussers en reflektiewe band. Kom luister saam! Webwerf

Episode 97: Jasper Cloete

Wednesday Oct 31, 2018

Wednesday Oct 31, 2018

Jasper Cloete is 'n man van talle talente met 'n betrokkenheid by 'n verskeidenheid sakegeleenthede. Van die familieondernemings, Eagles Nest Gastehuis en Konferensie sentrum in Fourways en Neo Life met netwerke regoor Afrika, tot die Generational Inheritance Group (GIG). Hy het die GIG gestig met die beweging dat families bemagtig kan word om die stigtings ouers van hulle multigenerasie welvaart plan te word. Kom luister saam soos hy ons meer vertel. Webwerf

Episode 96: Ernest North

Wednesday Oct 24, 2018

Wednesday Oct 24, 2018

Ernest North is die stigter van Naked Insure - Insurance. Onder andere beskik hierdie besigheidsmodel oor motor versekering wat gebou is op kunsmatige intelligensie. Hy vertel ons meer. Webwerf

Episode 95: Hans Drommedaris

Wednesday Oct 17, 2018

Wednesday Oct 17, 2018

Hans Drommedaris het 'n musiekskool in Pretoria, begin in 2013. Hy is 'n professionêle musikant -sanger- en vermaaklikheids kunstenaar wat uit sy musiek spanbou dae met behulp van dromme en pvc pype- aanbied. Kom luister hoe hierdie veelsydige musikant byval vind by groot en klein. Webwerf

Episode 94: Ivan Herselman

Wednesday Oct 10, 2018

Wednesday Oct 10, 2018

Ivan Herselman is 'n prokureur by Argumentum. Hulle unieke waarde as prokureurs en advokate wat saamwerk onder een dak, is dat hul 'n baie sterk projek bestuur fokus het, maak koste beramings vooruit vir kliente sodat hul ingeligde besluite neem en hulle werk 99.9% papierloos. 'n Regsfirma met 'n verskil. Webwerf

Episode 93: Dr Dirk Koekemoer

Wednesday Oct 03, 2018

Wednesday Oct 03, 2018

Dr Dirk Koekemoer is 'n mediese dokter en entrepreneur. Hy is die stigter van die pharmaseutiese maatskappy eMoyo en het die patent op Kuduwave. Tegnologie wat gehoor kan toets selfs al sit jy onder 'n boom. Sy passie is om bekostigbare gesondheidsorg aan Suid-Afrikaners te verskaf. Kom ons luister na sy storie. Webwerf

Episode 92: BizSkills

Wednesday Sep 26, 2018

Wednesday Sep 26, 2018

BizSkills fokus op bekostigbare deurlopende professionele ontwikkeling van opvoeders in Suid Afrika. Alle kursusse is geakkrediteer deur die Suid Afrikaanse Raad van Opvoeders (SACE) en BizSkills ondersteun skole om jaarlikse CPD punte van opvoeders te bereik. Meer as 1,500 opvoeders het reeds baat gevind by die program. Kursusse sluit in skolebemarking, sosiale media, leierskap en bestuur, emosionele intelligensie, kommunikasie, tegnologie in die klaskamer, werk-lewe balans, konflikoplossing en vele meer. Eienaars Darryl Weir en Dr Reaan Immelman gesels meer hieroor. Webwerf

Episode 91: Gideon Galloway

Wednesday Sep 19, 2018

Wednesday Sep 19, 2018

Gideon Galloway stigter van King Price Insurance, wou 'n berg skuif. Om die monopolie van die versekerings wêreld in Suid-Afrika aan te vat, sit nie in enige ou se mondering nie. Om 43 nee's te kry vir jou idee laat die gemiddelde ou ook nie aanhou probeer nie. Hierdie ou se storie inspireer. Webwerf

Image

Klipkouers is ‘n Besigheids Podcast waar Jacques Basson gereeld gesels met Afrikaanse entrepreneurs en impakmakers ten einde praktiese besigheids-en lewensadvies te ontgin. Besoek ons webwerf: www.klipkouers.com

Klipkouers is a Private Chamber of Commerce and Business Podcast. Jacques Basson regularly engages with Afrikaanse entrepreneurs and influencers to explore practical business and life advice.

 

Jacques Basson

Version: 20241125