Episodes

Wednesday Apr 25, 2018
Wednesday Apr 25, 2018
Ettiene Pretorius is ‘n baie suksesvolle en unieke entrepreneur, met vars en soms kontroversiële idees. Min mense kan egter spog dat hulle al twee keer deur Richard Branson genooi is om tyd te spandeer op sy eiland, Necker. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg EXAH. Webwerf

Wednesday Apr 18, 2018
Wednesday Apr 18, 2018
Gareth Cliff het ‘n Afrikaner bloedlyn wat die meeste Afrikaners jaloers sal laat bv. Piet Retief en die vader van Afrikaans, Gustav Preller. Luister na hierdie baie interessante onderhoud, veral ons gesprek oor die stand en toekoms van Potgooie. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg EXAH. Webwerf

Thursday Apr 12, 2018
Thursday Apr 12, 2018
EXAH is nie net ons nuwe borg nie, maar ook deskundiges wat huidiglik groot besighede se prosesse en sisteme drasties verbeter, wat lei tot 30% PLUS groei vir die betrokke besighede. Kom luister hoe doen hulle dit. Webwerf

Monday Apr 09, 2018
Monday Apr 09, 2018
TV aanbieder, spreker en uitvoerende hoof van Galileo Capital, Theo Vorster, gesels met my oor die mites van Swart Ekonomiese Bemagtiging en veral die groei geleenthede wat dit Afrikaanse besighede bied. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg. Webwerf

Wednesday Mar 28, 2018
Wednesday Mar 28, 2018
Portchie is ons eie Afrikaner Picasso. ‘n Vrystaat seun met ‘n sterk entrepreneuriese agtergrond. Kom luister bietjie hoe die besigheid van kuns werk. Webwerf

Wednesday Mar 28, 2018
Wednesday Mar 28, 2018
Uiteindelik is die Klipkouers wiel weer ernstig aan die rol, maar hierdie keer vanaf die CliffCentral ateljee in Sandton! Kom luister bietjie wat aan die gebeur is en waarheen ons oppad is! Webwerf

Wednesday Feb 07, 2018
Wednesday Feb 07, 2018
Jan-Hendrik Oosthuizen is die stigter en uitvoerende hoof van 'n kreatiewe agentskap genaamd Etiket, wat op 'n kreatiewe manier kompeteer in die advertensie industrie. Webwerf

Tuesday Jan 16, 2018
Tuesday Jan 16, 2018
Sonja Smith is die stigter van Sonja Smith Funeral Group wat al verskeie besigheidtoekennings verower het. ‘n Gereelde gas op radioprogramme soos RSG en Jacaranda, het sy vrou-alleen nuwe lewe in ‘n baie moeilike en persoonlike industrie ingeblaas. Webwerf

Saturday Dec 23, 2017
Saturday Dec 23, 2017
Hoogtepunte van die Klipkouers Potgooi 2017. Hoop jy het 'n geseënde Kersfees en 'n baie suksesvolle 2018! Webwerf

Thursday Dec 07, 2017
Thursday Dec 07, 2017
Moet nie hierdie BAIE spesiale en unieke episode mis nie! Ek gesels met vier mede Afrikaner Potgooi’ers wat al langer as ‘n jaar hierdie ongelooflike digitale medium probeer tem.
Ons gesels oor die goeie, slegte en natuurlik die Miljoen Rand vraag: “Hoe maak mens geld met ‘n potgooi?”
Die manne wat kom speel het was Willim Welsyn en sy WAT POTGOOI (@willimwelsyn), Stix en sy GEVAAALIK POTGOOI (@gevaaalikdotcom), Dirk Scheepers en sy DS PROGRAM POTGOOI (@dsprogram) en Dewald Pelser en sy MisterBA POTGOOI (@dewaldpelser) Webwerf

Klipkouers is ‘n Besigheids Podcast waar Jacques Basson gereeld gesels met Afrikaanse entrepreneurs en impakmakers ten einde praktiese besigheids-en lewensadvies te ontgin. Besoek ons webwerf: www.klipkouers.com
Klipkouers is a Private Chamber of Commerce and Business Podcast. Jacques Basson regularly engages with Afrikaanse entrepreneurs and influencers to explore practical business and life advice.