Klipkouers

Klipkouers is ‘n Besigheids Podcast/Business Podcast waar Jacques Basson gereeld gesels met Afrikaanse entrepreneurs en impakmakers ten einde praktiese besigheids-en lewensadvies te ontgin. Besoek ons webwerf: www.klipkouers.com

Listen on:

  • Apple Podcasts
  • YouTube
  • Podbean App
  • Spotify
  • Amazon Music
  • TuneIn + Alexa
  • iHeartRadio
  • PlayerFM
  • Podchaser
  • BoomPlay

Episodes

Friday Mar 31, 2017

Wat ‘n wonderlike voorreg om met ‘n Suid Afrikaanse ikoon te kon gesels! Behalwe dat Johan Stemmet ‘n baie nederige en aangename mens is, is hy ‘n ongelooflike bron van praktiese besigheidsraad en boonop self ‘n baie suksesvolle besigheidsman. Webwerf

Wednesday Mar 29, 2017

Sekerlik elke Afrikaner ken vir Johan Stemmet en het al ten minste één keer in hul lewens die mees suksesvolle Afrikaanse televisieprogram, Noot vir Noot, gekyk. Wie sal ooit daai snoesige Saterdagaande saam met die gesin voor die televisie kan vergeet? Webwerf

KPS Episode 4: Johan Eksteen

Friday Mar 24, 2017

Friday Mar 24, 2017

Die beste manier om te leer is by die bestes, en ons vorige potgooi bevat ‘n onderhoud met 2016 se Entrepreneur van die Jaar, Johan Eksteen – Klipkouers ontleed sy fassinerende storie en bekyk verskeie faktore wat die kern vorm van moderne entrepreneurskap. Webwerf

Episode 53: Johan Eksteen

Friday Mar 17, 2017

Friday Mar 17, 2017

Hierdie week gesels Klipkouers met 2016 se Entrepreneur van die Jaar, Johan Eksteen. Sy besigheid, Agricon Pelleting, vervaardig verpillingstoerusting en is tans ‘n wêreldleier in hierdie bedryf. Die dryfveer agter Agricon is om gedurig nuwe oplossings te vind en waarde vir sy kliënte toe te voeg. In Johan se wyse woorde: “Ons voeg waarde by, maar ons skep ook waarde.” Webwerf

Wednesday Mar 15, 2017

Klipkouer Kragklont: Johan Eksteen Bonus Vraag Webwerf

Friday Mar 10, 2017

Ek en mede-entrepreneur Tiaan de Jager delf dieper in die vorige week se potgooi onderhoud vir vars besigheidsidees en advies! Vandag gesels ons oor aanlyn kursusse en –opvoeding en hoe dit besig is om ou-wêreldse denkwyses onherroeplik te verander – en dis ‘n baie goeie wending! Deur hierdie middele te benut, kan énige persoon hom- of haarself opvoed en praktiese kennis opbou, wat baie voordelig in die werkplek is, asook vir aspirant entrepreneurs. So ook kan kenners hulle vaardighede en kennis op ‘n baie eenvoudiger en effektiewe manier met die massas deel. Webwerf

Friday Mar 03, 2017

Antoinette Badenhorst is gebaseer in Amerika as 'n pottebakker maar sy is nie sommer enige pottebakker nie. Webwerf

Wednesday Mar 01, 2017

Klipkouer Kragklont: Antoinette Badenhorst Bonus Vraag Webwerf

Friday Feb 24, 2017

Welkom by die Klipkouer Prontuit Sessie oftewel KPS, waar addisionele praktiese advies wat uit die vorige week se potgooi onderhoud uitgegrou word in ’n bespreking deur my, Jacques Basson en mede-entrepreneur, Tiaan de Jager. KPS Episode 2 is dan uit my onderhoud met professor Pieter Kruger van Cognacity UK. Webwerf

Episode 51: Pieter Kruger

Friday Feb 17, 2017

Friday Feb 17, 2017

Pieter Kruger is ‘n kliniese sielkundige wat tans in Londen praktiseer onder die vaandel van Cognacity UK, waar hy onder andere met  wêreldklas sportspanne werk. Webwerf

Image

Klipkouers is ‘n Besigheids Podcast waar Jacques Basson gereeld gesels met Afrikaanse entrepreneurs en impakmakers ten einde praktiese besigheids-en lewensadvies te ontgin. Besoek ons webwerf: www.klipkouers.com

Klipkouers is a Private Chamber of Commerce and Business Podcast. Jacques Basson regularly engages with Afrikaanse entrepreneurs and influencers to explore practical business and life advice.

 

Jacques Basson

Version: 20241125